• kosie house of theatre productions
  • kosie house of theatre productions

Die Hart is 'n Eensame Jagter - Herontmoet Johannes Kerkorrel

Die Hart is 'n Eensame Jagter - Herontmoet Johannes Kerkorrel

Die hart is ’n eensame jagter bied ‘n vars blik op die lewe en loopbaan van die ikoon, sanger en komponis Johannes Kerkorrel. Hierdie ‘herontmoeting’ illustreer sy bydrae tot die grensverskuiwing in Afrikaanse musiek. Ondanks sy relatief kort lewe, het hy ’n hoogs invloedryke oeuvre nagelaat en sy komposisies is uiters geskik vir interpretasies dwarsoor die spektrum van musiek.

Strykstok, ’n kwintet onder leiding van Dawid Boverhoff, vervleg klassieke en kontemporêre komponente in instrumentale verwerkings van Kerkorrel se mooiste liedjies.

Verrassende visuele elemente belig hom ook as mens - bekende kunstenaar Michele Nigrini betrek die sintuie vir optimale emosionele en visuele impak en skep so ‘n intense belewenis van die eenmalige kunstenaar se lewe en werk.

Die hart is ’n eensame jagter is toeganglik vir alle Johannes Kerkorrel aanhangers, asook eietydse kunsmusiekliefhebbers. Dit beloof om ’n baie uitsonderlike ervaring te wees.

Musiekregie: Dawid Boverhoff

Artistieke regie: Michèle Nigrini

Produksieregie: Kosie Smit

Vervaardiger: Kosie House of Theatre

 

Alternatiewe teater.

60 minute

Ouerbegeleiding

 

Woordfees 2013

Atterbury Teater  - 16 & 17 April 2013

KKNK 2013

TBF Fondsinsameling 2 Junie 2013 Aula Teater

c

d

e

f

video

post this