• kosie house of theatre productions
  • kosie house of theatre productions

100% Volroom Melt

100% Volroom Melt

Met Melt Sieberhagen

Afrikaanse Stand-up

Vervaardiger Kosie Smit

Die groot man met die kort naam en die baie lang van is uiteindelik te sien in sy debuut-eenmanvertoning. Stand-up wat nuut, skerp, snydend en bowenal al snaaks is. En indien dit teen hierdie tyd nog nie duidelik is nie: Dis ook eenhonderd persent Afrikaans.

Na tien jaar in die vermaaklikheidsbedryf (eers agter 'n lessenaar, toe agter 'n kamera en nou agter die mikrofoon) het Melt Sieberhagen 'n paar dinge om van sy skouers af te kry. Die dinge wat hy gesien, gedoen, gehoor en gevrees het moet uitkom en 'n professionele terapeut is duur. En selfs gekwalifiseerde kopdokters sal die helfte nie glo nie.

Hoe beland 'n skoongesig seun van Ventersdorp in die wilde en wrede televisiewêreld? Wat besiel 'n ordentlike Afrikaanse outjie om aand na aand die verhoog te bestyg en vir mense te vertel van die vreemde en vermaaklike draaie  van die pad wat hom daar gekry het? Hoekom is hy 'n kompulsiewe proefleser, ongeduldige verbruiker, genadelose kritikus en sporadiese vryheidsvegter?

Dit sal mense leer om nie vir kinders te vertel hulle kan word net wat hulle wil nie, want dan gaan hulle so waar as wragtig probeer...

Die DVD is tans beskikbaar by www.kosieshop.co.za

55 minute

PG – Onderwerp

 

 

post this