• kosie house of theatre productions
  • kosie house of theatre productions

Vettie Vettie

Vettie Vettie

 

Vettie Vettie is ‘n ongewone liefdesverhaal waar die grootte van 'n vrou, nie die grootte van 'n man se hart kan keer nie. Warm, skreeusnaaks en verrassend.

Met die winter om die draai en met die vooruitsig van badkamerskale wat gaan kreun onder die gevolge van winter versnaperinge, bied Kosie House of Theatre ligte vermaak en ‘n lekker lag komedie aan vanaf begin Mei 2014

Vicky (gespeel deur Hanna Grobler) is 'n suksesvolle eienares van 'n boekwinkel in Hatfield, Pretoria, enkellopend en ooglopend vet. Wanneer sy haar droomman, Tom Delport (André Lotter), ontmoet, besluit sy sy gaan nou eens en vir altyd van haar vetrolletjies ontslae raak en haar prins vang.

Dis egter nie so maklik om gewig te verloor nie, veral nie as een van jou huismaats ‘n gourmet kok is en jou ander huismaat jou gereeld herinner aan al jou gefaalde dieëte nie.

Henri (Tobie Cronjé) ken Vicky al lank genoeg om te weet dat haar maerword-voornemens nooit lank hou nie, en hy put  “groot” genot daaruit om haar siel uit te trek. Hy is beslis nie baie taktvol nie en glo ook nie aan eufemismes nie, hy sê wat hy dink.

James Anderson (Luan Jacobs) is 'n gourmet-kok wat nooit net doodgewone rys, vleis en aartappels kan kook nie. Hy werk deur die dag vir Vicky in die boekwinkel en het ‘n sagte plekkie vir haar.

Gaan die arme Vicky daarin slaag om die man van haar drome se hart te wen?

Die regie word behartig deur die nimlike akteur en regisseur André Odendaal.

Vettie Vettie is deur Johan Bernard vertaal en deur Pierre van Pletzen verwerk van Charles Laurence se trefferkomedie My Fat Friend.

Vettie Vettie gaan landswyd te sien wees. Die eerste speelvak is by die Pieter Toerien Montecasino teater vanaf 7 Mei 2014 tot 1 Junie 2014. Besprekings by Computicket.

Meer inligting oor die stuk se toerprogram is op www.kosie.biz / www.theatreonthebay.co.za / www.montecasinotheatre.co.za

TOERPROGRAM

7 Mei – 1 Junie 2014 – Pieter Toerien Montecasino Teater - SPEELVAK VOLTOOI

4 Junie – 21 Junie – Pieter Toerien Theatre on the Bay - SPEELVAK VOLTOOI

2-5 Julie 2014 - Innibos fees - SPEELVAK VOLTOOI

15 -19 Julie 2014 - Vryfees Bloemfontein - SPEELVAK VOLTOOI

Besprekings by Computicket.

Tobie Cronjé, Hanna Grobler, André Lotter en Luan Jacobs - Vettie Vettie 2014

Tobie Cronjé, Hanna Grobler, André Lotter en Luan Jacobs - Vettie Vettie 2014

Tobie Cronjé, Hanna Grobler, André Lotter en Luan Jacobs - Vettie Vettie 2014

 1 van Nierop

1 peter Feldman

2 van Nierop

Citizen

video

post this