• kosie house of theatre productions
  • kosie house of theatre productions

Vettie Vettie - by die Suid Afrikaanse Staatsteater

Vettie Vettie - by die Suid Afrikaanse Staatsteater

Vettie Vettie is ‘n ongewone liefdesverhaal waar die grootte van 'n vrou, nie die grootte van 'n man se hart kan keer nie. Warm, skreeusnaaks en verrassend.

Met die vakansie om die draai en met die vooruitsig van badkamerskale wat gaan kreun onder die gevolge van vakansie versnaperinge, bied Kosie House of Theatre in samewerking met die Suid Afrikaanse Staatsteater ligte vermaak en ‘n lekker lag komedie aan vanaf begin April 2015

Vicky (gespeel deur Michelle Botha) is 'n suksesvolle eienares van 'n boekwinkel in Hatfield, Pretoria, enkellopend en ooglopend vet. Wanneer sy haar droomman, Tom Delport (Christiaan Schoombie), ontmoet, besluit sy sy gaan nou eens en vir altyd van haar vetrolletjies ontslae raak en haar prins vang.

Dis egter nie so maklik om gewig te verloor nie, veral nie as een van jou huismaats ‘n gourmet kok is en jou ander huismaat jou gereeld herinner aan al jou gefaalde dieëte nie.

Henri (Tobie Cronjé) ken Vicky al lank genoeg om te weet dat haar maerword-voornemens nooit lank hou nie, en hy put  “groot” genot daaruit om haar siel uit te trek. Hy is beslis nie baie taktvol nie en glo ook nie aan eufemismes nie, hy sê wat hy dink.

James Anderson (Luan Jacobs) is 'n gourmet-kok wat nooit net doodgewone rys, vleis en aartappels kan kook nie. Hy werk deur die dag vir Vicky in die boekwinkel en het ‘n sagte plekkie vir haar.

Gaan die arme Vicky daarin slaag om die man van haar drome se hart te wen?

Die regie word behartig deur die nimlike akteur en regisseur André Odendaal.

Vettie Vettie is deur Johan Bernard vertaal en deur Pierre van Pletzen verwerk van Charles Laurence se trefferkomedie My Fat Friend.

Vettie Vettie was landswyd te sien in 2014 met die eerste speelvak by die Pieter Toerien Montecasino teater in Mei 2014. Die produksie het in vol huise gespeel by onder andere Theatre on the Bay, Vryfees in Bloemfontein, Innibos Fees in Nelspruit en nou kry Pretoria die geleentheid om die komedie te sien.


Speelvak

1-25 April 2015  by die Suid Afrikaanse Staatsteate in Pretoria

 

vettie vettie image by sanmari marais0571

vettie vettie image by sanmari marais0580