• kosie house of theatre productions
  • kosie house of theatre productions

Marion Holm vir Beginners

Marion Holm vir Beginners

Marion Holm is al ‘n bekende by Suid Afrikaanse gehore en veral by feesgangers met haar eiesoortige, komiese, eenvrouvertonings.  Kosie Smit het egter besluit om Holm se vertonings na ‘n wyer gehoor te bring en vervaardig hierdie produksie wat spesiaal geskep is vir en slegs gaan speel by Montecasino en Theatre on the Bay

In MARION HOLM VIR BEGINNERS stel Marion Holm haarself bekend aan diegene wat nog nie een van haar twaalf eenvrouvertonings gesien het nie;  sy vat ‘n klompie hoogtepunte uit van haar vorige vertonings en ryg hulle op ‘n nuwe manier aanmekaar om ‘n vertoning te maak getrou aan haar styl van teater.  Sy vertel stories en gebeure uit die alledaagse lewe waarmee almal kan identifiseer en juis daarom vind gehore dit so snaaks.  Holm vertel van ‘n riller van ‘n vakansie in Zanzibar, die pyn van ‘n mammogram, die irritasie van karwagte, haar stil pa, Namakwalandse ma en twee susters, ‘n gruwelike geroei op die Oranjerivier en ook vele verhale van hoe sy haar eie naam met ‘n plank slaan.  Holm se komedie is meestal oor haarself en haar eie foute en onvermoëns, wat die gehoor veilig laat voel en hoe meer hulle ontspan en agterkom daar is regtig nie gehoordeelname en Marion pik op niemand in die gehoor nie, hoe harder lag hulle. 

Deborah Steinmair het soos volg oor Holm geskryf een jaar by Aardklop: 

Holm skilder met woorde, stembuiging en lyftaal, hele rolprente en sirkusse. Ons reis Zanzibar toe op 'n laebegroting-nagmerrievakansie. Sien haar ma in die voorkamer sit en koejawels skil voor die tv. Haar vinjette is vlymskerp maar die enigste persoon of dier wat te na gekom word in die vervaardiging van hierdie produksie is syself. Holm dis haarself op, met skete, fobies en koddighede. Weerloos. Briljant, diep en snaksnaaks.

Holm het in 2004 saam met Hennie van Greunen begin werk as mede-skrywer en regisseur, en saam het hulle Holm se eerste 5 eenvrouvertonings die lig laat sien: 

                 2004           :  SUSSIE IS NOU SUUR

                 2005           :  SUSSIE RAFEL NOU UIT

                 2006           :  Braaivleis, rugby, sunny skies en...  SUSSIE!

                 2007           :  Sussie :  Survivor (Kuilsrivier)

                 2008           :  Cirque du Sussie

In 2009 begin Holm saam met Chris Vorster werk as mede-skrywer en regisseur en hulle was verantwoordelik vir die volgende eenvrouvertonings van Holm:

                 2009           :  Sussie:  Cheers!      

                 2010           :  MET DIE HOLM GEBORE

                 2011           :  This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

                 2012           :  HOLMAKIESIE

                 2013           :  HOLM:  geMARIONneer

                 2014           :  HOL Marion!

2015 het Holm en Vorster vir haar 12de eenvrouvertoning (Die Kaap is weer Holms) saamgespan. In ‘n tyd waar baie akteurs geen werk het nie, bly Holm haar eie werk skep met haar eenvrouvertonings, want die gehore kry nie genoeg van haar nie. Geen wonder dat sy in 2010, 2011, 2012 en 2014 elke keer vir ‘n Fiësta benoem is as Beste Solovertoning nie. 

Marion Holm is bekend vir haar veelsydigheid as aktrise, van Tant Anna in Die Casper Rasper Show tot Dot in tv produksie Vlug na Egipte.  In MARION HOLM VIR BEGINNERS stel sy ‘n geheel en al ander kant van haarself bekend en laat sy jou met ‘n nuwe oog na die alledaagse lewe kyk en skater van die pret.

TEKS                        :  Marion Holm en Chris Vorster

REGIE                       :  Chris Vorster

VERVAARDIGER      :  Kosie House of Theatre

FOTOS                      :  Robert Hamblin

Die produksie se speelvakke was;

Pieter Toerien's Montecasino Studio Teater (JHB) 15 Julie - 9 Augustus 2015 2015

Pieter Toerien's Theatre On The Bay (CPT) 12 -22 Augustus 2015

 

 

video

post this