• kosie house of theatre productions
  • kosie house of theatre productions

DOP

DOP

Twee bekroonde akteurs op een verhoog, André Odendaal en Wilhelm van der Walt, in ‘n komediedrama kragtoer.

Frank Venter is die man op straat. Een van duisende daarbuite wat min mense ooit sal ken en wat nog minder sal onthou. Soos elke mens het Frank ‘n storie. Niemand luister na sy storie nie. Dit is dan tog nie so indrukwekkend nie, of is dit?

Frank sit in ‘n kroeg. Dis sy verjaarsdag. Buiten vir die kroegman, Tim, is Frank alleen in die kroeg, soos in sy lewe. Altwee het iets van die ander een nodig:  Frank ‘n klankbord om sy bestaan te bevestig en Tim die regte woorde om sy hart uit te praat.

Twee vreemdelinge begin gesels oor die lewe, generasies, emigrasie, drome (onvervuldes en nuwes), die kunsdiefstal van 1990, reënwoude, spyt en perdedrolle wat nie vye is nie.

In wyn lê die waarheid… Soos wat die aand aanstap, word maskers afgehaal, harte blootgelê, talente van vervloë dae opnuut ontdek en sinne al meer onsamehangend.

In sinnelose kroegpraatjies en gesprekke sonder ‘n punt is daar waarheid en is daar emosie. Sonder pretensie of voorgee.

Met André Odendaal en Wilhelm van der Walt

(Afr) (Ouerbegeleiding) (geen onder 13 weens onderwerp)

Debuutproduksie

 

Teks:                           Retief Scholtz

Regie:                          Sylvaine Strike

Tydsduur:                    80 minute - geen pouse

 

US Woordfees 2017 - Bespreek HIER Computicket

KKNK 2017 - Bespreek HIER Computicket


Die eerste speelvak was by Pieter Toerien's Montecasino Studio Teater in Johannesburg

28 September - 23 Oktober 2016  

Wat mense op facebook sê oor die produksie

DOP a

Hier is wat van die pers gesê het oor die produksie

DOP b

Dop 11

Dop 13

HankeyBannister Email Banner

video

post this