• kosie house of theatre productions
  • kosie house of theatre productions

Twee Vir Die Prys Van Een

Twee Vir Die Prys Van Een

"Twee vir die prys van een“ is ‘n slimsnaakse, vars, uitbundige komedie met onverwagse wendings; geskryf deur die bekende Britse dramaturg – Donald Churchill. Die skreeusnaakse Afrikaanse vertaling is gedoen deur die ervare Wim Vorster.

Twee vir die prys van een word aangebied deur Kosie House of Theatre, met die legendariese Hannes Muller van Groet die Grotman – faam in die hoofrol. Saam met hom in die rolverdeling is multibekroonde aktrise Lizz Meiring en die bekroonde Marisa Drummond.

Die regisseur is die innoverende Neels Clasen.

In Twee vir die prys van een ontmoet ons vir Walter (gespeel deur Hannes Muller) wat as verwer by ‘n rykmanshuis opdaag om ‘n belangrike sakeman se studeerkamer te kom verf. Walter is eintlik ‘n sukkelende, twyfelagtige; maar erg ambiseuse akteur, wat sy verfwerk doen om die pot aan die kook te hou.

Mercia, (gespeel deur Lizz Meiring) is die sakeman se  pretensieuse, hoogheilige vrou, wat haarself in ‘n pynlike penarie bevind wanneer Janie – (Marisa Drummond ) haar skelm minnaar se vurige vrou; opdaag en dreig om die affair oop te vlek. Janie wil Mercia se man vertel van sy vrou se agterbakse agteraf gevryery, en Mercia sal alles doen om te keer dat die onstuimige saak op die lappe kom.

Skielik word Walter die werklose akteur /verwer by die baldadige penarie ingesleep met skreeusnaakse, verrassende en noodlottige gevolge.

Twee vir die prys van een is gesofistikeerde, maar tog totaal identifiseerbare komedie op sy heel beste. Fyn woordspelings, histeriese situasies en interessante karakters, gekombineer met ‘n sterbelaaide rolverdeling, briljante regisseur en uitstekende visuele elemente, maak van die produksie ‘n genotvolle, moet-dit-nie-misloop nie, ervaring.

Innibos Kunstefees - Nelspruit - 29 Junie -2 Julie 2016 - Speelvak klaar

Rolverdeling - Hannes Muller, Lizz Meiring en Marisa Drummond

IMG 2684

IMG 2686

IMG 2687

IMG 2681

IMG 2682

IMG 2685

post this