• kosie house of theatre productions
  • kosie house of theatre productions

archived productions

Here is a listing of some of our previous productions - theatre and television.

Casper de Vries - ALIVE!

Casper de Vries - ALIVE!

Casper de Vries is back in stage in his new Afrikaans one-man show ALIVE. For a limited season at Pieter Toerien's Montecasino Studio Theatre.

My Fat Friend

My Fat Friend

 

Starring much-loved funny man TOBIE CRONJE My Fat Friend will be on stage in Johannesburg and Cape Town later this year. 

 

Die Kaap Is Weer HOLMS

Die Kaap Is Weer HOLMS

Ag nee regtig?  Wil jy vir my sê jy’t nog nooit vir Marion Holm op die verhoog gesien nie?  Ai tog ... dan was jy seker nog maar min uit.  Kyk ... ons beloof jou nie die son, maan en sterre nie.  Ons beloof jou NET een vrou, 18 stories, 26 karakters en oneindige lekkerkry.  Kom nou, maak jou lewe ʼn fees en jou KAAP WEER HOLMS!                                          

Oskar En Die Pienk Tannie

Oskar En Die Pienk Tannie

Sandra Prinsloo skitter in haar nuwe eenvrouvertoning: Die tragikomiese Oskar en die pienk tannie.  ‘n Roerende verhaal van die kankerlyertjie Oskar, en Ouma Rosa, wat hom op verbeeldingryke en soms bitter snaakse wyse begelei in sy laaste dae.

Twee Vir Die Prys Van Een

Twee Vir Die Prys Van Een

"Twee vir die prys van een“ is ‘n slimsnaakse, vars, uitbundige komedie met onverwagse wendings; geskryf deur die bekende Britse dramaturg – Donald Churchill. Die skreeusnaakse Afrikaanse vertaling is gedoen deur die ervare Wim Vorster. Die rolverdeling is Hannes Mulles, Lizz Meiring en Marisa Drummond

Heidi

Heidi

Die musiekblyspel van die immergewilde kinderverhaal Heidi, debuteer vanjaar by die KKNK.

Dié verhaal deur die Switserse skrywer Johanna Spyri, wat reeds in 1879 gepubliseer is, is spesiaal verwerk en geskryf deur Francois Toerien met musiek deur Mynie Grové.

Theatre Friends - Teatervriende

Theatre Friends - Teatervriende

We would like to thank you, our patrons, for making 2015 a wonderful theatrical year.  Also for your support, enabling us to live our dreams and keep entertaining you.

Ons bedank graag al ons teatergangers wat bygedra het tot ’n wonderlike teaterjaar. Julle ondersteuning stel ons in staat om ons drome uit te leef en julle te vermaak.

Black & Blue

Black & Blue

"Black and Blue is a marvelous and accessible theatrical treasure.  It will steal your heart and captivate your mind… I can think of no other way to describe this production than as a little masterpiece." - Peter Tromp, Cape Times 2005

Marion Holm vir Beginners

Marion Holm vir Beginners

Marion Holm is al ‘n bekende by Suid Afrikaanse gehore en veral by feesgangers met haar eiesoortige, komiese, eenvrouvertonings. Kosie Smit het egter besluit om Holm se vertonings na ‘n wyer gehoor te bring en vervaardig hierdie produksie wat spesiaal geskep is vir die speelvak en slegs gaan speel by Montecasino en Theatre on the Bay

Twee Vir Die Prys Van Een

Twee Vir Die Prys Van Een

"Twee vir die prys van een" is ‘n slimsnaakse, vars , uitbundige komedie met onverwagse wendings; geskryf deur die bekende Britse dramaturg – Donald Churchill. Die skreeusnaakse afrikaanse vertaling is gedoen deur die ervare Wim Vorster.

Twee vir die prys van een word aangebied deur Kosie House of Theatre, met die legendariese Hannes Muller van Groet die Grotman – faam in die hoofrol. Saam met hom in die rolverdeling is multibekroonde aktrise Lizz Meiring en die bekroonde Michelle Botha, ster van verskeie verhoogdramas, musiekblyspele asook die Kyknet tv reeks Getroud met rugby.

Die regisseur is die innoverende Neels Clasen. 

Vettie Vettie - by die Suid Afrikaanse Staatsteater

Vettie Vettie - by die Suid Afrikaanse Staatsteater

Vettie Vettie kom na Pretoria!

Vettie Vettie is ‘n ongewone liefdesverhaal waar die grootte van 'n vrou, nie die grootte van 'n man se hart kan keer nie. Warm, skreeusnaaks en verrassend.

 

Vettie Vettie

Vettie Vettie

Met die winter om die draai en met die vooruitsig van badkamerskale wat gaan kreun onder die gevolge van winter versnaperinge, bied Kosie House of Theatre ligte vermaak en ‘n lekker lag komedie aan vanaf begin Mei 2014

Cheaper than Roses

Cheaper than Roses

A desolate railway station. A woman who is not what she seems to be. A story of the past and present on a collision course. A story with heart.

100% Volroom Melt

100% Volroom Melt

Die groot man met die kort naam en die baie lang van is uiteindelik te sien in sy debuut-eenmanvertoning. Stand-up wat nuut, skerp, snydend en bowenal al snaaks is. En indien dit teen hierdie tyd nog nie duidelik is nie: Dis ook eenhonderd persent Afrikaans.

Die Hart is 'n Eensame Jagter - Herontmoet Johannes Kerkorrel

Die Hart is 'n Eensame Jagter - Herontmoet Johannes Kerkorrel

Die hart is ’n eensame jagter bied ‘n vars blik op die lewe en loopbaan van die sanger en komponis Johannes Kerkorrel. Strykstok vervleg klassieke en kontemporêre komponente in instrumentale verwerkings van sy mooiste musiek. Michele Nigrini sorg vir verrassende visuele elemente wat hom ook as mens belig.